Each Story for His Glory (Testimonies)

We all have a story to tell. God changes lives. He takes broken and dirty sinners and transforms them into beautiful people. It doesn’t mean that we are perfect. We still make mistakes by saying and doing things that aren’t to His glory. But, He continues to work in us through the process of sanctification. And He promises that He will continue that work until it is complete when we spend eternity in His glory.

So if you have a testimony (which we all have) please share it with us so that it can encourage those who doubt. Because real experiences of how God transforms our lives can’t be argued against. Be encouraged by how God has worked in the lives of these people and know that He can do the same for you. There is no place too dark or dirty, that God won’t reach and lift you out from. Trust Him and see for yourself.

 

A TESTIMONY BY RINA DAVIDSON

DIE GROOTSTE WONDERWERK

Waar kan daar n groter wonderwerk wees as dat iets uit niks voortgebring kan word nie. Wel dit het in Genesis. 1 gebeur, en dit net deur n woord. Ons lees daar dat die aarde donker was, maar God het dit alles verander. Ten laaste het God die mens geskep. Maar daar is tog n groter Wonderwerk — wat dink julle is dit? — Ja die wonderwerk van Wedergeboorte. Met die Skepping het God net n woord gespreek en dit was daar, maar om ons Sy kinders te maak moes daar bloed vloei — die bloed van sy seun Jesus Christus. Weet julle dat die word “bloed” 700 maal geskryf is in die Woord?  n Paar voorbeelde is in:

  • 1 Petrus 1: 18-19  (Losgekoop)
  • Efesiers 2: 13  (Gemeenskap)
  • 1 Johannes 1: 7  (Reinig)
  • Openbaring 12: 11  (Oorwinning)

Ek wil graag die grootheid van God in my lewe met julle deel.

MY KINDERDAE

Die 8ste Augustus 1938 het ek hierdie wereld binne gekom. Volgens my ma was ek so pieperig en klein dat ek in n skoendoos kon pas. Van my geboorte af, was ek sieklik en die dokter kon nie vastel wat my makeer het nie, maar het aan my ouers gesê dat ek nie Iank sou lewe nie. My ouers, wat kinders van God was, wou dit nie aanvaar nie en het iemand gekry om vir my te kom bid. God het die dokters verkeerd bewys. Al wat ek oor gehou het, was dat nou – en – dan stuipe aanval gekry het.

Ek het in n huis groot geword met ouers wat Jesus lief gehad het. Nie net in woord nie, maar ook in daad. Met die gevolg dat ek aangeneem het dat ek ook n kind van God was. Ek het dit geglo tot een September in die Vyftigs, in n ou engelse Baptiste Kerk. Wat gepreek was kan ek nie onthou nie, maar deur die werking van die Heilige Gees het ek besef God het geen kleinkinders het nie. Omdat my ouers kinders van God was, het nie beteken dat ek outomaties Sy kind was nie. Ek moes n persoonlike verhouding met Jesus he. Daar was geen wonderlike gevoel nie; net die wete dat God nie kan jok nie en in Sy Woord sê Hy vir my in 1 Johannes 1:9, as ons ons sonde bely, is Hy getrou en regverdig om ons van alle ongeregtigheid te reinig. Ek het hierdie woord my eie gemaak, en nog n wonderwerk het gebeur. God het my genees van die epileptiese aanvalle

MY LEWE VERDER

Ek is getroud en stadig maar seker het die dinge van hierdie wereld meer belangrik geword as my verhouding met Jesus. Met klein kinders in die huis, het ek die “onderlinge byeenkomste” met die kinders van God begin afskeep. O, ek het nog Sondae kerk toe gegaan en uiterlik was daar geen verandering nie, maar binne het daar n stryd gewoed.

Ek moes toekyk hoe alcohol, die een wat ek lief het, se lewe verwoes. Dit het ook my en my seuns se lewens beinvloed. Daar was niemand met wie ek wou praat nie, want ek wou nie my familie betrek nie. Toe dinge te erg word, besef ek dat God daar is, en toe ek as stukkende mens uiroep na Hom, het Hy my terug ontvang in sy arms. Soos die storie van die Vader en sy dogter:

Pappa was besig om sy dogter se stukkende lappop heel te maak terwyl sy langs hom sit. Sy vra hom, “Pappa wat doen Jesus heeldag?” En sy antwoord, “Prinses, soos pappa jou stukkende pop heelmaak, so maak Jesus stukkende mense heel.” Jesus het weer hierdie stukkende Rina heel gemaak.

Dinge het hierna net erger geword, maar Jesus was daar. Ek het alles aan Hom oorgegee en gesê, “My Heer, dit is nou in U hande.

DIE KRAG VAN GEBED

Vir meer as 30 jaar het ek gebid vir my geliefde en net drie jaar voor sy dood, het die Here hom wonderbaarlik verlos. Ons kon nie n nuwe motor bekostig nie en het n ou motor gehad wat meer gestaan, as geloop het. Maar sal nooit vergeet hoe hy buite aan die motor gewerk het. Ek kon hom hoor uitroep, “PRAISE THE LORD!” Toe ek hom vra wat hom dit laat se het, was sy antwoord “Niks! Ek prys net die Here vir sy goedheid!” Sy geliefkooste lied was “I’m a new creation, I’m a brand-new man.”

MY VERLEDE

God doen wonderwerke en leer my deur die swaar van die lewe dat Hy altyd daar is

MY HEDE

Bewys Sy wonderlike voorsiening en leer my deur die swaar van die lewe dat hy altyd daar was

MY TOEKOMS

Hy belowe Hy sal daar wees tot ek na my ewige tuiste gaan. Filipense 2 vers 5-11.  Hierdie groot God waarvan gesê word in Johannes : 1-5 is:

He who is from everlasting to everlasting was born of a woman and died on a Cross. —-

He who is called wonderful was spit on by man — He who is called Counselor was rejected by men — He who is called Almighty God is Crucified in weakness — He who is called the everlasting father, is a Son who learned obedience by his suffering — He, the Prince of peace, must Himself tread the winepress of wrath — He who created all things, had His first bed to be in a stable — He who is Holy, was made to be sin for Us — He who is the bread of life, was himself hungry — He who is the Living Water of Life, was Himself Thirsty — He who is God’s Gift of Life to a Lost World, had to die on a Cross — He who was dead, is alive for evermore.

*************

Ek wil net byvoeg dat my ma baie meer dinge moes deurgaan as wat sy hier geskryf het. Maar sy is die tipe mens wat nooit top oor dinge wat ons nie kan verander nie. Sy was en is die mees selflose person wat ek ken en al wat sy wil doen is om die Here te verheerlik e naan Hom al die eer te gee.

Thank you ma for being such an incredible role model of humility and love. Thank you for always showing us what it means to love Jesus. It took me a long time to let that sink in, but I don’t know where I would be today if it wasn’t for your example.

 

 

A TESTIMONY BY CLEM DAVIDSON 

GOD SE GENADE

Groot is God se genade vir die vuil besmette sondaar wat in die “gutter” le. Onbeskyflik groot! Wanneer jy uitroep, “0! God wees my arme sondaar genadig,” beantwoord hy jou gebed onmiddelik. Hy vra nie watter sondes of hoeveel sondes jy gedoen het nie. Nee, sy bloed reinig jou onmiddelik en maak jou vry. Dan is jy n nuwe mens! Is dit nie wonderlik nie?

Dit het Jesus vir my gedoen in 1954 op die ouderdom van 13, gedurende huisgodsdiens op die plaas. Alles het goed gegaan totdat ek op Kimberley aangekom het. Ek het begin werk by De Beers, as n klerk in die hostel. Ek was 5 swart tale magtig. Ek het by n rugbyklub aangesluit en baie gou vriende gemaak Ek het stadig maar seker weggedwaal. Maar goddank ek het ook in daardie selfde jaar n lieflike meisie ontmoet wat n Sondagskool onderwyseres was. Ons het n wonderlike verhouding gehad en is in 1959 verloof, en getroud in 1960. Ek besef eers vandag Jesus se liefde vir my deur die vrou wat hy my gegee het. Daar is 4 seuns uit ons huwelik gebore. Nou ja, hierdie kosbare seuns was maar meeste van hulle kinderjare opgevoed deur my dierbare vrou omdat ek ver weg gedwaal was van die Here af. Ek was nie warm of koud nie maar lou. En ons weet wat die Woord van God se oor lou Christene: ‘Hy sal jou uit sy mond uit spoeg.” Ek glo dit is wat Jesus met my gedoen het.

Ek het begin afsak in die “gutter” van sonde, omdat ek die wereld begin dien het. Drank het n groot rol gespeel – miskien die grootste! Na elke rugby oefening of wedstryd het ons kroeg toe gegaan. In die begin stadium het ek nie so laat huistoe gegaan nie. Maar dit het nie lank geneem voordat ek eers in die vroee oggend ure by die huis opgedaag het nie. Dit het al slegter en slegter gegaan. Maar, by die huis, was daar n vrou wat vir my gebid het. In 1966 was ek in my geboorte dorp vir dronkbestuur gevang. Ek het daarheen gery vir besigheid met my prokureur. Daar het ek na al die jare, van my ou skoolvriende raakgeloop en saam met hulle in die kroeg gesit en suip. My vrou het vir my gewag en nie geweet waarom ek nie terug kom nie. Ek was die vorige aand toegesluit, en weer was my wonderlike vrou besig om vir my te bid. Die dag met ons 2de seun se geboorte moes hulle n bloedoorplanting op hom doen. Die dokter het my gevra om van Nigel hospitaal deur te jaag Johannesburg toe met die bloed monsters. Die uitslag was positief. Ek skakel toe die dokter en van daar, is ek reguit kroeg toe om sy seun se geboorte te vier. Ek het moedeloos dronk geword, maar weer eens was my vrou besig om vir my te bid toe ek nie daardie aand vir besoek opgedaag het nie. Hoe ek by die huis gekom het, weet ek nie! Ek glo die Here het my bewaar deur die gebed wat vir my opgegaan het.

n Sekere hotel eienaar in die dorp het elke einde van die maand duisende rande in sy kluis gehou vir mense wat van diens gekom het (daardie tyd was die banke al toe) sodat ons ons tjeks kon wissel en kon drink. Hy het ook bottels drank oor die toonbank verkoop. Eendag, na betaaldag, is ek soontoe en het myself dronk gedrink, bottels drank gekoop, en bestuur. Die volgende more word ek wakker agter my motor se stuurwiel. Dit was ontrent 4 uur die oggend. Dis toe ek n vreemde geluid hoor. Ek het rond gekyk en besef dat ek alleen was. Toe ek uit die moter klim, moes ek weer kyk. “Nee, dit kannie wees nie!” het ek gedink. Maar dit was waar. Ek was geparkeer langs n restaurant op Durban se strand front. Die geluid wat ek gehoor het was die branders. Ek klim toe terug in die motor, kyk rond en ontdek n halwe bottel Cane op die sitplek langs my. Binne 5minute was dit leeg. Ek dink toe, “Ag wel, ek is nou hier in Durban. Ek sal maar poskantoor toe gaan en n telegram aan my vrou stuur. “Veilig aangekom. Sien jou oor 3 dae.”

n Paar maande later gaan ek na n sekere hotel in Kimberley en parkeer my motor. Ek is in die kroeg en in die ‘lounge’ daar naby, sit n vrou alleen. Ek gaan toe om haar geselskap te hou. Later daai aand bespreek ek n kamer in die hotel. Ek gee aan hulle n vals adres. Ek is kamer toe met die vrou. Ek bestel n paar maal drank. Elke keer klop die kelner aan die deur met die drank op n skinkbord. Elke keer gaan ek oop maak. Daar was later weer n klop aan die deur. Toe ek gaan om weer oop te maak, was dit my vrou. Sy het van hotel na hotel gery om my te soek, en sien toe my motor voor hierdie hotel. Sy het net gese: “Kom huistoe.” Ek was baie dronk maar het my nugter geskrik.

Later het ek op die Rand, gewerk. Ek het nagskof gewerk. Aan my vrou se ek dat ek reguit na werk Johannesburg toe sal gaan om 4 nuwe bande op die motor te sit. Maar dit was n leun. Ek en my hoistdrywer het n afspraak gemaak om saam te gaan. Ses uur die volgende oggend is ons daar weg, maar nie na Johannesburg toe nie. Ons was oppad Pretoria toe. Daar aangekom is ons reguit na n hotel waar ons vriende gemaak het met ouens in die kroeg. Ons is daarna na een van die vriende se huis toe. Maar eers het ek drank gekoop met die geld wat vir die nuwe bande bedoel was. Dat ek nie al die kere wat ek motor bestuur het in my dronkenskap gevang was of in n ongeluk betrokke was nie, kan ek nie begryp nie. Daardie dag het ons net partytjie gehou, sonder om daaraan te dink dat ons daardie nag moes gaan werk.  Ons besluit toe maar om terug te gaan myn toe om te gaan werk. Met die motor nog vol drank is ons daar weg. So in die ry, drink ons almal, met my aan die stuur. Een van die mans wat saam met ons gedrink het, moes 10uur daardie aaand vir my en sy span afneem in die diepte van die myn – meer as 2000meter ondergrond. By die myn aangekom, gaan ek om my  myn klere aan te trek, terwyl hy stap na die ‘hoist’ kamer waar hy met sy dronk liggaam sy sitplek inneem, op die platform agter die meganiese ‘levers’ wat hy binnekort moes aanskakel om ons in die oop myn skag te laat afsak.

Ek en my span klim toe in die banksman lui die klokkie om aan te dui dat ons gereed was. Ons bereik die ondergrond stasie met rukke en stampe. Die ondergrond stasie was vol ou karretjies wat boontoe moes gaan in die “cage”. Ek het n paar uur lank gewerk toe ek onthou het dat daar nog drank in die motor was, en dat ek daar wou uitkom. Ek besluit toe om n stuk draad te vat en my vinger oop te sny. Daarna, kontak ek die banksman om te se dat ek beseer is en dat ek nie langer kon werk nie. Hy se toe dat ek moet opkom end at hy iemand sou kry om in my plek te werk. Voordat ek met die “cage” opgegaan het, laai ek en my manne, op elk van die 3 ‘decks’ karretjies en ek klim in op die onderste dek.  Toe ons bo kom, sien die banksman, toe hy die eerste en die tweede karretjie uittrek, dat die veilgheidshekkies nie voor die karretjies geskyf was nie. Dit was n streng mynmatreel wat ons oortree het. As een van daardie karretjies sou uit beweeg uit die ‘cage’ terwyl ons opgaan in die skag, sou dit alles te pletter geval het en sou daar niks van my oorgebly het nie.  Bogrond het ek gaan stort en skoon klere aangetreek. Daarna is my vinger verbind. Ek is motor toe en het weer begin drink.  Die volgende more is ek na die myn bestuurder se kantoor ontbied, en is onmiddelik ontslaan.

Gedurende daardie tyd van my lewe, was daar baie wat vir my gebid het.  Hulle het die Here se aangesig gesoek om my te verlos. Maar ek gaan maar net aan en aan met drink en veroorsaak net hartseer.

*************

Dit is waar my pa se “testimony” geeindig het. Hy was oorlede op die ouderdom van 51 voordat Hy dit klaar kon skryf. Maar dank die Here dat dit nie so geeindig het nie. Omtrent twee jaar voor sy dood, het hy opnuut sy lewe aan Jesus oorgedra. Hy was werklik n nuwe mens en ongetwyfelde bewys dat die Here, enige lewe kan omdraai in n rigting wat aan Him alle eer gee. Hy het nooit weer teru gekyk na al sy foute nie want die Here het Hom skoon gewas. Hy het werklik sy geliefkooste lied uitgeleef. “I’m a new creation… I’m a brand new m

 

                                               

 

A TESTIMONY BY JANEZ CLARK RUITERS 

 

I want to start my story by telling you that I grew up in a loving home… Parents who were married for more than 40years… No alcohol or abuse… No fighting or cheating… a good Christian upbringing, attending Sunday School every week. Poor perhaps, but we always had a roof over our heads and something to eat. My dad worked very hard and looked after us. My mom was the most amazing mother. She was always involved in my life and gave her everything for her family. I start with this because looking back, I had no reason to choose the path I decided to take.

I always had this void inside me that nothing could fill. I was 13 years old when my group of friends thought it would be cool, so we started smoking weed. It started off casually. My dad was working away and my mom was very naive about drugs. She never wanted to believe anything bad about her daughter. At 14, I started dating this “cool” guy from Cape Town. Even though his family was poor, he dressed so well and always had lots of money. I soon figured out that he was peddling Ecstasy, Cocaine and Acid for somebody else. I took my first Ecstasy tablet a couple of months before my 15th birthday. I started helping him push it in local clubs and made thousands of Rands. That money made it possible to afford brand clothing and attend high end parties. But it also lead to making the wrong friends. Two pills a night became 20 a night with a couple of lines and joints in between. We lived that lifestyle for 3 years.

At 17, I believe that God sent me my first big “guard rail” – we smashed our car into somebody’s home while we were as high as kites. I was so petrified and didn’t need any more convincing to leave that life. I stopped with all drugs and got clean quite easily. My boyfriend left me because I wasn’t fun enough for him anymore.

At 18 I moved to Cape Town to start afresh. I found a good job and great friends. They never did harsh drugs but smoked a lot of weed. I convinced myself that it was okay because marijuana is a herb and not chemicals. And into the same trap I fell. Before long, I started experimenting with Crack, met my eldest son’s father and got involved in abalone smuggling because my new, very expensive habit, needed to be supported. During that stage of my life I was mixing with drug lords and involved in organised crime for 4 years. I got to a stage where I thought that I wasn’t going to make it. After 6 days without food and a bath, locked in a house with 5 other junkies, all highly strung and paranoid, I realised that it was Christmas. At that stage my emotions about Christmas seemed very distant.

One evening, feeling anxious because I couldn’t secure a fix, I realised that there was something strange going on with my tummy… I was pregnant. On an emotional roller coaster, at eleven o’clock at night, I phoned my dad. Him, being the good man that he was,  got into his car and drove 1000km to fetch me. By the time he got there, I didn’t want to leave with him. I was starting withdrawals and was too embarrassed to look him in the eyes. He made me get into the car and took me home. It turned out that I had already been 18 weeks pregnant with my son. I was horrified because I had been smoking anything between 20 an 100 rocks(crack) a day the entire time. Noah-Jay was born early on 5/9/2005, one day after my 23rd birthday. He was 53cm tall and 2.003kg – perfect and healthy. The doctor could not believe that there were no signs of Post Alcohol Syndrome.

God, like the good Father He is, tried bringing me back to Him by blessing me, even though I deserved cursing. I started working again and tried my best to make things work with Noah’s dad. But when he was 8 months old, I had a bad day. I decided to light up a joint because we were always fighting. Once again I promised myself that it would only stay with. No harm.. Herbal… Eat smoke sleep and work… When Noah was 18 months, we were separated because of my habit. I started hanging out with the girls over weekends. Heavy drinking and wild parties made me feel important and liked. It made me forget about that void. A line or two here and there when I was 25,  progressed to taking my first hit of Meth. The addiction got me so fast,. I didn’t know what hit me. For the next 4 years. I became involved in gangsterism. I stole… I lied… I became paranoid.

It was mainly my parents who cared for my son. I started shoplifting after having to sell everything to pay for my habit. Eventually, the inevitable happened. I was locked up on the 5th of June 2011. I missed my son’s first year in school. The lowest point in my life, was being in chains in the family court, signing my son into the foster care of my parents. I was in jail for a year. During that time I got clean – cold turkey! It was God’s grace and the angels he sent over my path, that pulled me through.

I met an amazing women of God in the correctional ministry who told that God told her, about me. That’s how she found me. He told her that He had a plan for my life. I said to her, “Lady, I think God’s got things messed up.” But I could never have been so wrong. He didn’t have anything messed and He never does.  I met my husband that God also sent to me a month after I got out. We are now happily married and have another son.

Do you know how loving our Father is? He took me, a crack and meth smoking, stealing gangster, and he made me his daughter again.  He washed me white as a virgin. He sent me a life-partner from the same type of background, who would understand my ongoing daily struggle to keep myself safe from triggers and situations. And when I got back into a church, It felt like home and I re-ignited my relationship with God. Sitting pregnant in church with Raydin, I realise for the first time that the void was gone. It was always the place of the Holy Spirit.

The 5th of June, this year, marks 9 years of being clean. Gods grace knows no boundaries. I still get nightmares and have serious trust issues with myself, but God always pulls me through those times. If you will only take the time to focus for a minute or ten, on God and God’s people, you will experience the love. They will help… They will not judge. I thought that my messed up life would be impossible  to turn around, but God says. I’M POSSIBILE. So are you…